oorwinning
met diep blou see agter hul formidabele drakensberge riviere om oor te oorbrug voor hulle – het hul getrek met diep blou berge agter byna droë riviere voor ons het ons al begin terug trek na vrye lokkende weskus hier aan die voet van berge met voete in goudgeel sand staan ons rug teen die […]
My bestaan
Soos die golwe van die see se deinings Soos duine se sand wat waai in die wind Soos mis wat wegraak voor die son So voel my bestaan…my menswees Dit keer terug na my met die leegheid van ‘n eggo wat aanhou roep en tog niks meer is as klank Klank wat terugbots teen die […]
Springgety in Bongoyo
Springgety op Bongoyo So teenaan die kus van Tanzanië, eintlik baie naby, is daar ‘n hele spul klein eilandjies. Hulle word nie bewoon nie, maar is tog gewilde toeriste- aantreklikhede. Hier kan jy nou luilekker in die son lê en jouself heeltemal verbrand, jy kan die rotspoele ondersoek of jy kan in die warm tropiese […]
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
Kardoeslapperwoorde
Waar gogeltrane sypel deur klawers van ń aftoon minnelied, wegsyfer in krake van hartsverraad in tydlose smaad gegiet… vind ek tussen skeure van Dante se grot kardoeslapperwoorde in spektum van kleure wat rinkelend binne my bot. Neologismes: * gogeltrane = gogel (oë verblind) + trane * hartsverraad = hart + verraai * aftoon = off […]
toneel skikking
juigende jubelende geesdrif net mooi glimlagte oral oor vakansie tyd is heerlike tyd vroeg op die strand is dit stil dan slaap vakansie mense nog soms is daar ook geesdrif vroeg golwe bly altyd vriendelik lok met sagte weste wind wat waai kan almal lekker speel en baljaar môre waai suid ooster dalk weer bring […]
arendsoog
liefde-hang in die lug al waai wind verwoes strandkoors loop hoog glimlaggies en drukkies laat strandtonele flikker wyl meeu dit fyn beskou golwe breek in reëlmaat as bewys van ewigheid witsproei waai verwoes met deinende seestrome wat strate deur baai trek en poseidon om rotse koes duinevlug van bruin valkie wat laag skeer om te […]
Alice ek Alice
Daagliks s t a a r ek af in die haasgat na n wonderlike wêreld wat letterlik meer sin maak met elke tik van die klok Die aarde staan op sy kop en alles is t o t a a l opgekrok met n hoofletter F wat tyd klief Tik vir tik stap […]
Roet
Dit laag nes roet op mens se gemoed die neerlae en teëspoed Laag na laag kenmerk met vervaag mens se lewenskrag tot traag Dit donker in vele skakerings die mens se siels rimpelings tot spielglad oppervlak Die las trek ons af met n grote krag tot in ons graf