
toneel skikking
juigende jubelende geesdrif
net mooi glimlagte oral oor
vakansie tyd is heerlike tyd
vroeg op die strand is dit stil
dan slaap vakansie mense nog
soms is daar ook geesdrif vroeg
golwe bly altyd vriendelik lok
met sagte weste wind wat waai
kan almal lekker speel en baljaar
môre waai suid ooster dalk weer
bring hy sand en swak sigbaarheid
dan sit koffie- en – tee sitplekke vol
haal nie die see uit jou vakansie
al is water koud met frisse wind
mooie atmosfeer wat lewe bring
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2017 – Kersfeesvieringe projek