oorwinning
met diep blou see agter hul
formidabele drakensberge
riviere om oor te oorbrug
voor hulle – het hul getrek
met diep blou berge agter
byna droë riviere voor ons
het ons al begin terug trek
na vrye lokkende weskus
hier aan die voet van berge
met voete in goudgeel sand
staan ons rug teen die see
met oë gerig op die vlaktes
ver oor vlakte noordwaarts
strek nuwe horison vol krag
mense plant groente in sand
golwe en vis maak hulle vars
maar daar binne klop dromme
dromme van onrus en geweld
almal weet dit sal oor stroom
oor die duine aanwaai in stof
daarvoor word ons stil in gebed
ons weet – Hy sal sorg – Hy kom
met Sy wit ros voor aan die vlag
kom Hy Oorwinnaar nog gewis
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.