Vlammehel
Vlammehel
Knetter knars knak
spitter spat spoeg
sesvoet branders
kom aangerol
niks kan dit stuit
O God roep ek in my benoudheid
keer my rug op vlamme
groots die wonder
golwe van vernietiging
reg rondom huis verby
verhoorder van gebed
U het ons lewens gespaar
aai Here my hart is in pyn
onbekende vrou
my ouderdom
verpleegkundige
lê op haar bed
in vlammehel
totdat alles verby is
hoe tragies!
©Berna
14.12.2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Bernie Dit is 'n aangrypende vers wat oor die menslike toestand verslag doen, veral in 'n krisis. Ek sou graag wou sien dat die woordorde is sekere gedeeltes hiervan hersien word, en veral teen die sluiting van jou gedig, waar die einde effe stomp klink. ek wil net sê: dit is belangrik dat 'n gedig nie net sin maak nie, maar dat dit 'n ritmiese 'praatlied' word wat baie makliker deur die leser onthou sal word. Ek weet nie of dit sin maak nie? Inboks my gerus as jy sou wou dat ek jou daarmee help. Skryfgroete IM