wit hond byt seer
sy tande verberg glip deur jou vel priem deur jou lyf maak jou gou lam dra jou soos hy wil verdamp soos gas gooi jou waterpas verlore geveg vel knor hy vir jou dan luister jy so-nie is jy weg reguit hel toe moet nie stop reguit sy slaaf wit hond(blits) verdra nie onreg ©Teárlach
In nagedagtenis (2)
Ek vind jou telkens teen die hange van ‘n Overberg, ek roep jou naam en hoor hoedat jy antwoord gee. Jy reënboog oor die vlaktes en valleie – daar waar jy verbonde met lig se breking smee. Jy vloei in riviere af – strome wat kronkel deur klowe en ‘n poort, vloed wyd oor dale […]
Skrywers waansin
Potloodskaafsels op my skryfblok ontbind in semi skakerings van grys waar ek die woorde nie vind Bladsye beletter met bloed, sweet en trane skrywe wat nie tap uit ‘n siel se droë krane Inkpot smeersels aloor polse, rou geknaag die taal so treusel dat die geskrif my uitlag © Carla Visser 27.11.2017
Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]
Ontslape oorblyfsel (Vonkelnuutvry)
Na jou het kil koue soos vloedreën in my hart opgedam. In die leemte daarbinne het woedevlae waansinnig soos pokke opgevlam. Spyt het my vuurspuwend met die stiegriem gemoer wyl wraak my vermaaklik deur sluwe oë beloer Tussendeur die gille van ‘n gebroke inner-ek en ‘n verkulde beterwete wat my met blaam bevlek, het ek […]
Capucine se laaste tree
Motors flits soos dominoes vallend deur die nag, voetgangers haastig elk na ʼn eie lot oppad. . Agt verdiepings op staar sy af deur ʼn misvlaag – die uitsig asemrowend soos ligte van Lausanne die aandsfeer aanraak Die lug voel dun en kil vanaand – haar asem koud met elke teug soos die winterbries haar […]
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Wie sal verstaan
Wie sal verstaan Wie sal verstaan ken jy my hart vinnig om uit te deel swaar om te ontvang op jou perdjie spring jy al gallopende weg riem telegram berigte doen die ronde sappige skindernuus verkoop as waarheid opgevreet soos soetkoek in kring van spotters skoen aan ander voet trippel soos stout kind blaas op […]
Was daar maar
Was daar maar ‘n land waar drome en verlange kon klots om die voet-end van ‘n rots Ja ‘n plek waar twyfel verdwyn soos mis voor die son as dit vroegoggend opkom Daar waar herinneringe bot in onthou genot en hartseer kwyn in die son se skyn maar realiteit is my lot en als word […]
Eens was alles lig en vry
Ek loop kaalvoet – verby koraalboom en granatebos. Die wit roos skud haar blare los oor die warm teer. (Skerp klippies maak my voete seer) Tot by koue water, sagte sand, meeue oor ‘n weskusstrand, die hete son. * En nes skulpgruis wat aan enkels klou en merkies maak, só voel ek jou nog aan […]