Die lewe is ‘n dansvloer deur Lynelle Clark
1950 Woorde Brons gradering “Wat is fout hartjie?” “Niks nie ouma.” “Dit lyk nie soos niks nie, pop.” Die gerustellende breinaalde se ritmiese klanke die enigste geluide wat die laatmiddag versteur. Die sagte skynsel van die lamp omring ouma in rustigheid, die teenoorgestelde van haar gevoelens. Maré staar deur die venster. Die grou nat weer […]
Onthou om te huppel
(goud) Huppel over berge en heuwels volg die kronkelpaadjies wat oor veld en vlaktes vurk en hurk langs die spikkeleier van ’n bloukraanvoël. Kyk, dit lê op barre aarde tussen klippertjies en gras. Skulp die kuiken van ’n kolgans in die holte van jou palms vas voel hoe sag voel veredons as jou vingers daaroor […]
Pappa, koffie – is dit ʼn Dreyer ding!
“Pappa, vanoggend terwyl ek so besig is om my moerkoffie in my dompelkoffiepot voor te berei, sien ek jou gesig skielik duidelik voor my. Jou leeragtige, songebruinde, geplooide gesig, jou flets blou oë, laggend. Ek sien hoe jy my vraend aankyk. So met ʼn vraagteken in jou oë. Ek besef dat daardie vraagteken die vraag […]
DIE SEESTERRETJIE
Dit is laat in die aand. Ek en ‘n goeie vriend wat ver woon gesels so effens op Whatsapp. Effens? Ja, so nou en dan sê die een iets en dan antwoord die ander weer ‘n bietjie later. Ek wil weet hoe kry hy en vroutjie die Vrydagaand om. En net daar vang hy my […]
AMPER SOMER
Amper Somer dis amper somer in jou lewe so skielik word jy groot eens sou jy op ‘n droom kon swewe maar manword druk jou menswees dood die wye wêreld is jou speelplek jy weet so als van als as donkerte jou enkels lek staan jy so fors en vreesloos stil ek, hier eenkant swyg […]
J Y M O E T W E E T W A T J Y D O E N !
J Y M O E T W E E T W A T J Y D O E N ! Oproep aan ‘n Verantwoordelike Jy moet wéét wat jy doen!! Ja, jy! Jou navolger gaan ° tydens die swangerskap van sy moeder in die disko saamgejol het, ° in sy kindheid en jeug allerhand gifstowwe […]
Mooiste vrou
jy is geskape met ‘n sagtheid wat jou omvou uit God se Vaderhart Hy het oor jou gedroom lank voor jou geboorte om Sy liefde op aarde te verteenwoordig Geseënde Vroudag mooiste vrou onthou daar is niemand so uniek en spesiaal soos jy ©Jessica Venter 9/8/2019
Dankie Pa…
Sweef nou in jou vryval, my asem so lank gestil, In inkvet swart gedruk, vasgevang tot ewigheid. Skreeu ek die woorde, wat ego vas wou pen! In die dig van my woorde, vloei my bloeiende stem. Jou opvoed was streng, jou woorde was kras. Soms het jy my siel met jou donker stem verniel… Onkunde […]
Sonnet vir my lentekind
Met winter se nadraai was jy hier; betyds om die somer te bring Jy’t die asveld vrolik met lente versier – my hart het van liefde gesing. Liefde wat diep geanker lê wat nimmernooit sal vergaan; meer as wat ek ooit wou hê, meer as wat ekself verstaan. Rondomtalie skoppelmaai lag ons speels die tyd […]
Oom Kiewiet en Ta’ Makkie se lanterfantery.
Oom Kiewiet was ‘n kraakvars teologie student toe hy Ta’ Makkie ontmoet het. (Toe was hulle natuurlik nog nie “Oom en Ta’” nie.) Hy was so vars dat hy nog ‘n Bybelversie opgesê het as hy sy toon stamp, in stede van vloek soos die res van ons. Sy was ‘n sekretaresse vir een of […]