Verlies van ‘n wonderwerk
Soos die flap van ‘n vlerk Het my hart ontplof toe ek hoor Deur liefde en God se Handewerk Was ‘n baba in my buik ingetoor. Ons was lief vir jou, elke sekond Jy was so baie welkom by ons Alles was mooi, ‘n permanente glimlag om my mond Ek kon nie wag om te […]
VANDAG SE KINDERS
VANDAG SE KINDERS Vandag se kinders, moet respek, vir hulle ouers hê vandag se kinders, wens, dat ouers eerder moet gaan lê ouers, staan altyd op, uit die diepste modder kinders is verbaas, oor hierdie grootste wonder Vandag se kinders, wees lief vir jou ouers vandag se kinders, gee eer aan jou ouers ouers is, […]
MY KIND
MY KIND Vers1 My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom die stad is net ‘n gejaag na wind kom huistoe dat jy vrede kan vind Vers2 My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom […]
Erfnis
Die pen sweet swaaiend in haar hand woorde hannekraai deur ink strepe wanneer sy kwyn na stof en sand sal hul akkoorde blom met haar lettergrepe. Vir haar kinders wou sy wees ‘n ware moeder in vlees onsterflik in gees ‘n boorkern sonder vrees. © Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý leestekens oor my woorde lê want jy kon die klem verskuif toonhoogte só aangee. Met ‘n alt 136 het ek toe ge-ê sonder om veel te sê soos ‘n Hadida net vlugloos ge-ê-ê want jy, my kind was vir my die wind wat my vlerke sou laat vlieg oor jou […]
TEEN MURE VAN BETON
TEEN MURE VAN BETON VERS 1 My kind, teen die mure van beton bid my knie, stukkend op die grond die ure van, die donker nag het ek heeltyd, vir jou gewag VERS 2 My kind teen die mure van beton bid my knie, stukkend op die grond wat het, dan nou oor ons gekom? […]
MY MOEDER IN DIE HEMEL
MY MOEDER IN DIE HEMEL Vers 1 My Moeder in die hemel my kosbare hemelse pêrel my fondament wat staande bly Niemand kan ooit daarteen stry Vers 2 My Moeder in die hemel my kosbare hemelse pêrel Moeder raak my hart se snare moederlief sny deur my are Vers3 My Moeder in die hemel my […]
Moeder-blom
My Moeder-blom spruit uit teen die sneeu-kussings; haar chemo-kreet vreet aan my en versprei swaar in die lug. Chemiese middels ontkiem in haar are om dié lewensjare effens te laat groei. Haar geur hang steeds in ons kinderjare, maar my hoop val soos herfsblare – en ek weet dat haar bloeisels sal nie vir altyd […]
Dwaalvuur
Ek sou myself vrywillig om die warm gloed van jou liefde vleg; my lippe morfotologies hang aan elke fonomorfiese woord wat heuningsoet oor my spoel. Jou selfs toelaat om deur die sagkant van my sonstrale te bars; om reënboogsplinters te strooi oor die stofpad van my hart. Maar nou staar jy net na jouself in […]
2. JOODSE GRAP – Danzig na Krakau
Danzig na Krakau Volgens Fritz Waigl* is daar Joodse grappe en Jodegrappe. Laasgenoemde is wat in huidige taalgebruik as antisemities gekenteken sou word. Daarteen is Joodse grappies die staaltjies en anekdote wat hebreërs ondermekaar uitdeel. Dikwels is dit stories van „wyse” rabbyne wat „slim” raad gee of tot sonderbare gevolgtrekkings kom, soos byvoorbeeld: „Die maan […]