
Moeder-blom
My Moeder-blom spruit uit
teen die sneeu-kussings;
haar chemo-kreet
vreet aan my
en versprei swaar in die lug.
Chemiese middels ontkiem
in haar are
om dié lewensjare
effens te laat groei.
Haar geur
hang steeds in ons kinderjare,
maar my hoop val soos herfsblare –
en ek weet dat
haar bloeisels sal nie
vir altyd bot nie…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek