MY KIND
MY KIND
Vers1
My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton
my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom
die stad is net ‘n gejaag na wind
kom huistoe dat jy vrede kan vind
Vers2
My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton
my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom
my kind hier verlang ons na jou
kom terug om jou toekoms hier te bou
Vers3
My kind, jy is vasgevang tussen mure van beton
my kind, dis nou tyd dat jy huistoe kom
my kind jy is bleek en afgemat
jy wys littetekens van die stad
Koor
Die vlaktes roep na jou my kind
en stuur sy boodskap, saam met die wind
die rustigheid sal jou gemoed laat rus
en weer laat wees die mens wat jy is
Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.