
ONDERDEUR DIE REëNBOOG
ONDERDEUR DIE REëNBOOG
Vers1
Onderdeur die rëenboog in ons drome
hand aan Hand, langs die bome
stap ons, kaalvoet, op die sagte sand
met my liefling styf in my hand
Vers2
Onderdeur die rëenboog in ons drome
hand aan Hand langs die bome
Reenboog gooi, sy verf, bo-oor my lief
skryf ek my lief se harte brief
Vers3
Rooi vir jou liefde, wat ek by jou kry
geel vir omgee, net vir my
groen vir jou lewe, wat ek by jou kry
blou vir jou kalmte, binne my
KOOR:
Soos al die reënboogkleure vervul jy my lewe
huppel en trippel, ons van geluk, in die rëen
swaai ek my towerstaf, oor ons wentel baan
jou goue naam wat bo-oor die reenboog staan
so verklaar ons,ons diepste liefde en seen
Eleen van Deventer Vorster
Kopieregte voorbehou
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek