
Welriekende geure
Al’s voel net beter
wanneer dit lente raak
dit is seker die kleure
of geure wat die lewe
meer draaglik maak
Fynreën val sag om my heen
dou drup van die blare af
mooiste blomme wat in rooi bloei
waaruit vreugde groei
Van vlinders en sagwees gestrooi
‘n handvol pienk roosblare
in die lug gegooi
so is almal opsoek na iets mooi
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek