
Halfhartige poging om te blom
As my lente deur
jou winter kon dans
sal jy dalk verstaan dat ek
in kruispaaie dink en dwaal;
soms ook tussen lengte-
en/of breedtegrade
wat horisontaal en vertikaal
om my verval
omdat lyne
my vebyster en verbang
verkies ek om reguit lyne
tot ronde sirkels te vervorm;
dit dan by kruispaaie te plant
want ek is die lente
wat tiekiedraai en dans
by elke verengelde kans.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
-
Viooltjie
Baie goed!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek