
Dwaalvuur
Ek sou myself vrywillig
om die warm gloed
van jou liefde vleg;
my lippe morfotologies hang
aan elke fonomorfiese woord
wat heuningsoet oor my spoel.
Jou selfs toelaat om
deur die sagkant
van my sonstrale te bars;
om reënboogsplinters te strooi
oor die stofpad van my hart.
Maar nou staar jy net na jouself
in die eggobeeld van my hart
terwyl die dwaalvuur van jou spieël
hunkerend my inner-eros aanvuur.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi geskryf