Jongste aktiwiteit:

Droomverlore

In die gleufies van my lewe
lê flentertjies van jou en bewe,
amper het ek heeltemal vergeet
dat jou liefde my bestaan afmeet.

Ek wou
so graag nog
meer tyd saam met jou deel
pampoenpitte vir jou steel
dans in die skadu van ‘n rooikrans
sweef oor valleie op die rug van ‘n goudgeel gans
op Halley se komeet saam met jou vlieg
op die sekelmaan rondwieg
Jan tuisbly se karretjie holrug ry
op Levinia se besem deur die sonstrale gly
husse met lang ore vang
‘n knoop maak in Eva se slang
atlantis besoek saam met ‘n stompneusdolfyn;
maar nou het tyd ons eenwees laat kwyn.

© 2016 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed