Aan die slaap
Aan die slaap Terwyl ek nog slaap my oë gesluit agter my geslote deur die nagklanke ver ek onversteur het êrens onbekend ver, ver weg van my ‘n man en pa ‘n vrou en ma ook ‘n kind op ‘n plaas onnodig seer gekry . . . Bebloed en seer diep gesteek, verkrag, vermink tot […]
Steeds
Steeds In die laatnag donker net voor dag se bleek oor die plaaswerf breek het hul ingebreek honde en mense doodgesteek ‘n ou man en sy vrou se lewens gesteel ‘n hele nasie bloedig verder verdeel . . . In die oggend het ons opgestaan oë gevryf en wyd gegaap maar deur dit alles was […]
kinders vasn kus
suid van riviere van kus bloei daar ‘n land met voorspoed kultuur gebonde godvresende volk oormag van liberale invloede laat struikel elke instelling verrotting vanuit kern leë sinnelose sentrum van binnegevegte waar mens nou middelpunt vorm op sy duin sit filosoof geborge geloof siniese oog kyk skerp maar nooit veroordelend uit woestyn se droë sand […]
Versedief van Vredendal
Wyl ek laat gistraand wawyd wakker na woorde soek – dwaal my denke na die rampokker vannie kaap die bra’tjie wat verse woord vir woord met lang vingers opraap wyl ware digters met Godgegewe gawes ń eerbare bestaan uit hartswoorde maak, skryf jý jou hart uit met gesteelde ink – loop jy trots met ander […]
R.I.V.
spierwit lê leë witmossel skulpe skoon gewas in soutwater deining geskrop deur sandbedding en rotse leë halwe doppe van die verlede wie onthou die glibberige slak met voelers wat daarin was byna geen spoor van hom spierwit lê sand bestrooi oral in weskus tuine op randakkers om mooi te lyk so lyk wit kruise ook […]
digtershart
diep sit hy en peins droë duine-wind om hom waai liggies deur sy sielsgemoed hoe breed wil jy dan sien dink hy so wyd soos die Heer se genade in sonskyn of winterskade polsende digtershart in stille smart vrolike hart het digter ‘n hart? ©Teárlach
styl
wie sou nou daaraan dink dat golwe stylvol op strand uitspoel spier wit strande ontvang hul deel daarvan verkleur soms met storms wat chaos skep maar herstel gereeld na wit skulp strande verder noord is daar swart klipstrande elke strand het ook sy eie musiek sagte musiek wat mens sus ander weer maal en kerm […]
versaking
skoon oop strande spierwit ongeskonde gelaat soos Vader dit maak elke nag se hoog water laat opdrifsels na laag water los gebreekte skulpies soms ontdek strandloper met dagbreek ruwe motor spore wat woeste kringe oor strande kerf seediertjies se huisies in sand verkrag dan krimp my hart ©Teárlach
oorlewing
stormagtige see bring chaos deur siedende geweld van golwe snyende kouefront-winde gooi sproei donderende aanslag teen die wit strande daarna die miljoene seediertjie-huise wat op strand agterbly vir voëls voëls wat dit kom opruim storms bring lewe vernuwe lewe so bring stormagtige tye nuwe lewe vir die volk wat die smeltkroes oorleef ©Teárlach