Aan die slaap
Aan die slaap
Terwyl ek nog slaap
my oë gesluit
agter my geslote deur
die nagklanke ver
ek onversteur
het êrens onbekend
ver, ver weg van my
‘n man en pa
‘n vrou en ma
ook ‘n kind
op ‘n plaas onnodig seer gekry . . .
Bebloed en seer diep
gesteek, verkrag, vermink
tot daar waar geen
mens kan verder ly
ver verby
vasgemaak
met doringdraad
naak!
vieslik aangeraak!
bespot, bespoeg, bevloek
geslaan
geskop
gesteek
uiteindelik gebreek
gehaat en halfdood verlaat
…tot in die dag
iemand “die toneel” sou vind
die dooie pa
verkragte ma
vasgebinde kind
onbeantwoorde vrae vra
skreeu!
en huil en kla
oor hierdie vloek
wat hierdie land moet dra!
maar dit was donker laatnag gister,
ver, ver weg van jou ook ver van my
my deur was gesluit, jou was oë toe
en ons is almal aan die slaap
© Grootvissie
Februarie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.