ander-see
– met eerste lig se strale sweef my siel guitig oor branders wat lewe bring aan die wit strande waardevolle plant- en diere reste uitspoel oor die wit sand – wat my siel sien spoel oor ‘n aarde van onreg en onmin is ‘n ander see van geweld en bloed wat spoel oor mense lewens […]
onderduims
– stilletjies vleg sy haar strikke saggies beweeg sy die krukke subtiel word hekkies verskuif onderduims beweeg sy aldeur – haar haarstyl verbloem venyn haar glimlag verplaas die pyn onderduims is sy in haar aard agterbaks verwoes sy waarheid – elke tweede en derde sekonde kry ‘n huppel van valse hoop leuen word waarheid vanself […]
gemoed
– met eerste druppels wat saggies neersif uit front ja kouefronte bring ons reën wil my gemoed sag ween – nog ‘n lang man het verhuis gaan rus onder lang winter-bome wat ewe rustig in ligte wind ruis so mik en druk my gemoed – met elke deinende golf spoel daar los gewerkte plante uit […]
Die (R)amptenaar
Wette moet gehoorsaam word, dis mos maar gewis maak nie saak die koste of beslommernis ek vermoed amptenare word deur die duiwel self opgelei hoe dan anders as mens kyk na die hel wat ons onder hulle ly? Jou beurt dié sal jy afwag, al moet jy kamp opslaan maar een ding is gewaarborg staan […]
Lag
die vroeë lag uit sag mondjie is dodelik aansteeklik as ek veer lig oor voetjies streel die werk lag ‘n bobbejane trop waar net die baas verstaan is ń blaf spel in groepsverband die sosiale gelag ń braak kol is die onbenullige gegiggel van die wat aspris lag die later lag wat onder eelte sit […]
Beton
ń graaf lig val deurdie lug lem die gruis blink klippies spat, meeste lê piramide blink sand sement wag nes te skop in gruis in regte formaat om sterk beton te baar engineur grysstof vereis een twee drie maat werkers meng sementsandgruis op briekdans maat die kwaliteit beton onbepaald spesifikasies in frommelmandjie ongeag sand sement […]
arg
– mistiek van die see stories van meerminne verlore seemanne vervloë afgode van die wye oseaan totale onbekendheid daarvan dui op mens se tekort aan kennis van al die branders van die see lê mens se kennis braak maar mens se gedagtes wek vals gesigte op in virtuele realiteit speletjies wat lok kinder gesiggies tot […]
grys
– soos grys baard stoppels sy ouman gesig verder verouder so verdwyn ouman stories oor oorloë, bloed, pyn en smart in hedendaagse oorlogswolke – nog nooit was oorlog mooi avontuurlik of aangenaam bloed gelaat bly steeds rooi – soos jare plooie voortbring oumens gesigte verouderd tooi so laat oorloë onuitwisbare trauma in sy bloederige spoor […]