grys
–
soos grys baard stoppels
sy ouman gesig verder verouder
so verdwyn ouman stories
oor oorloë, bloed, pyn en smart
in hedendaagse oorlogswolke
–
nog nooit was oorlog mooi
avontuurlik of aangenaam
bloed gelaat bly steeds rooi
–
soos jare plooie voortbring
oumens gesigte verouderd tooi
so laat oorloë onuitwisbare
trauma in sy bloederige spoor
vas-ge-ets in mense geheue
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.