
Ou Stoel
Ou Stoel
die ashoop stoel
nat vervark in ń rommel hoop
maaiers lewe in die
eens geliefde rusplek
uitgegooi sonder,
hoop
alleen oupa was eens beskore
om sitvlak op hom te sit
dominee en meneer partykeer
kinders het net op skelm
Sondagmiddag slapie tyd
stout sy sag omvou,
gevoel
die leer is hard
gekraak van jare swaar dra
die boustruktuur plek plek vrot
stoel van eens warmte
nou die draer
van geslagte se
vergeet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.