Jongste aktiwiteit:

Nota aan my seun

Groot is jy,
maar nog kind …
dit sal jy altyd wees
al het die lewe
voor jou oopgemaak
moet ek
toelaat dat jy nou
self leer
van die wêreld
wat baie wreed
kan wees.

Terwyl jy nou
jou eie toekoms bou
Bid ek
dat die lewe jou
mooi sal behandel
en dat jy
sal vashou
aan die goeie
in jou gedeponeer.

Weet ook
wat ook al
die toekoms
na jou
toe gooi
jy is sterk genoeg
om daardeur
te baklei.

Vir nou gaan jy
dalk
jou eie nessie skrop
en te braaf
wil wees
om te roep
vir hulp
weet net
ons deur
staan altyd
vir jou
oop.

Voor jy gaan
moet jy
eers weet
vir altyd
onthou
ek is trots
op jou
en meer nog
is my liefde
vir jou!




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed