Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Sosiale kommentaar"(Bladsy 14)

– vars seelug stink nie dit ruik na sout en suurstof dit suiwer my neus van stof neem my gedagtes op reis – ontwikkeling bring rykdom rykdom kan soms vieslik ruik dit ruik na vrot gebrande vis dit trek my longe heel toe – as my voorvaders grot bewoners was sou hulle dalk hierdie rykdom […]

in blakers brand kersies flou in groot glasse spoel inferieur rooi wyn genooides oogproe stukkies see vleis olywe smaakies kapers maar lapille* skree kaas verborge onder lae verkose voor enige wyn borrel vuurwarm kaas die komponente so taai gebind op ń dun gemene kors agterna in windhoeke verskeur tande tong en spoeg vermeng geure met […]

Wie weet, elke lewe is dalk, in wese, ‘n lewende legkaart. ‘n heilige Meesterstuk voortdurend in wording. Deurdrenk met lewenskrag, propvol belofte, en daagliks aan die groei. Ewigdurend besig om eerlik, soos ‘n spieël van openbaring, die oopvou van ons lewe aan ons te onthul. Nougeset elke sandkorrel te tel. Dit sekuur en akkuraat verreken, […]

– soos ‘n draad wol wat losraak in jou trui se mou so is ‘n kraak dit torring verder los met elke ruk elke rek beweging laat dit beweeg so is die krakie in jou selfbeeld met elke terugslag rek dit krimp dit en word langer hoe later, hoe kwater moeiliker om te stop – […]

– hoe stil is die werklikheid van dood liggame wat verwerp oor die veld pynlik die ewigheid binne gaan verwronge, verniel, bloedig die kille werklikheid van oorlog beplan, gewens deur satan geslag geen respek vir hoop, liefde of lewe – ©Teãrlach Nota: Grafika kan lesers ontstel

een sny funksioneel ingenieur beplan reguit glad geteer deur berg en veld al perk is geld een vloei graspol bossie om verkeer aar saam na voedselbron sonder angs voete val verweer ingenieur se hardepad oppervlak raak gat verwurg die lewensbron slagaar voet val verspoor voedsel pad slagare ontvou vloei terug na lewensbron ongetraak sirkel terug […]

kele oopgerek stemme oordonder ore moeë gesigte onder glimlae verberg oë elders swart vrydag vort bemark dieselfde materiaal klere kakie uniforms netjies plat gestryk party gesigte op regalia geprint alles goedkoop China gemaak getroue gelowige ondersteuners op basiese oorlewings vlak hul honger net genoeg brandstof vir môre se uit te reik na nog, ń vader […]

– die koord hang slordig uit sy ontrafelde manel – versies val uit sy mond soos tafereel ongelukkig val nommers nie reg daarop een johannes word johannes een, ensomeer wat mens laat twyfel oor sy erns daarmee – oor die donkerblou hemel stroom daar oorlogswolke – die een invloed negeer die ander politieke mag spel […]

Aflaai, opgradeer, groter, beter , vinniger stoor alles in ‘n wolk, boks of driehoek geduldig en geborge wag die data daar terwyl toestelle sync en dit is waar my moed sink… Sirkel sirkel sirkel terwyl niks gebeur vee skerm halfpad/ van onder na bo/ vee links/ vee regs maar my skerm verdwyn Onkunde saai paniek […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed