Jongste aktiwiteit:

Afrika Pizza

in blakers
brand kersies flou
in groot glasse
spoel inferieur rooi wyn
genooides oogproe stukkies
see vleis olywe smaakies kapers
maar lapille* skree kaas

verborge onder lae
verkose voor enige wyn
borrel vuurwarm kaas
die komponente so taai gebind
op ń dun gemene kors
agterna in windhoeke verskeur

tande tong en spoeg
vermeng geure met kors
en smaak bars los
alles een met kaas as baas
kleure, smake, resepte ongeag
die beste pizza bly ZA**

*Blokkiesraaiselwoordeboek
Term: smaakknoppies
Verwante woorde: lapille

** .za is die Internettopvlakdomein vir Suid-Afrika. , wat dan ook die afkorting van Zuid-Afrika en is ‘n erfenis van toe Nederlands nog ‘n amptelike taal van Suid-Afrika was. sa is die topvlakdomein vir Saudi-Arabië. Wikipedia




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed