fris
–
die geruis van branders
beeld die melodie van see lewe uit
hang soos ‘n gordyn oor my gedagtes
verfris my siel en ek ervaar vrede
–
die skuim rimpels wat uitspoel
kom lê soos ‘n silwer soom op sand
baken die grense van see lewe af
laat my verstaan wie ek is
–
©Teãrlach
2 Kommentare
-

Elizabeth
Die absolute towerkrag wat die see het, pragtig beskryf Charles.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek