ontrafel
–
die koord hang slordig
uit sy ontrafelde manel
–
versies val uit sy mond soos tafereel
ongelukkig val nommers nie reg daarop
een johannes word johannes een, ensomeer
wat mens laat twyfel oor sy erns daarmee
–
oor die donkerblou hemel
stroom daar oorlogswolke
–
die een invloed negeer die ander
politieke mag spel van migrerende pionne
wat die een meer idioties voorkom as die ander
wêreld leiers word wêreld lyers van amnesie
–
waarheid is lankal uitgewas
uit die gestoofde wit manel
–
die een se hoop is die ander se doop
volgens dié een is dit suiwer goud
die ander verguis dit as bloed-rykdomme
slegs een honderd duisend sal weet
–
wat is, was al gewees sê hulle
wat oor miljoene jare preek
–
‘n appel val nie ver van sy stam
takke groei met wortels se sap
sou die een tak die ander verwyt
sal albei hul groen wees kwyt
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.