
Paaie
een sny
funksioneel ingenieur beplan
reguit glad geteer
deur berg en veld
al perk is geld
een vloei
graspol bossie om
verkeer aar saam
na voedselbron
sonder angs
voete val
verweer ingenieur se hardepad
oppervlak raak gat
verwurg die lewensbron
slagaar
voet val
verspoor voedsel pad
slagare ontvou vloei
terug na lewensbron
ongetraak
sirkel terug
na die veld
hoofweë sny slagare
kronkel na eie
vry pad
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.