
Wie is ek?
Wie is ek?
Ek vra myself ook soms,
maar ek antwoord jou
wat dalk net wonder
wie ek is.
Ek is ‘n omgee mens,
wat nie weet
hoe om kwaad te bly nie.
Ek kry soms seer,
eintlik baie keer seer
omdat ek ek glo
in die mooi.
Ek maak ook seer,
ek weet mos
my tong gesels vinniger
as my brein.
Dan is daai woorde uit
wat ek liewers kon af byt.
Ek is ook maar ‘n softy –
stort self ‘n traan
oor die hond
wat dood in die movies
En oor die kind
wat vir homself
moet fight
vir liefde.
Maar as jy wil weet
wie ek is.
Check my uit,
Nie op Facebook, Twitter
Of Instagram nie,
ook nie
deur ander se oë nie.
Maar daar by die kruis
van my Jesus Christus.
Kyk deur Sy oë
dan sal jy sien
wie ek is
is net
GENADE
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.