krake
–
soos ‘n draad wol wat losraak
in jou trui se mou so is ‘n kraak
dit torring verder los met elke ruk
elke rek beweging laat dit beweeg
so is die krakie in jou selfbeeld
met elke terugslag rek dit
krimp dit en word langer
hoe later, hoe kwater
moeiliker om te stop
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.