Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Wanhoop"(Bladsy 35)

agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]

oor die donker duin rol daar stofstrepe sny diep sandgrepe laat tolbos as puin viervoet doring heining span blink oor hout rakke met muur van tolbostakke tuur oor sand se deining droogte sny diep in harte landbouer stap moedeloos wingerde verlep in smarte ©Teárlach

jy wou stories vertel. van jou onsekerheid. liefdelose belangstelling. maar nou… wil jy nie met my deel. net dag na dag se tree. wat jy uitdrukkingloos loop. van hopelose ervare. behoort jy al te gedra het. is dit… daar iewers. weggesteek. binne in jou.? wie sal dan ooit weet. is daar begrip agter daai masker. […]

jy wou stories vertel. van jou onsekerheid. liefdelose belangsteling. maar nou… wil jy nie met my deel. net dag na dag se tree. wat jy uitdrukenloos loop. van hopelose ervare. behoort jy al te gedra het. is dit… daar iewers. weggesteek. binne in jou.? wie sal dan ooit weet. is daar begrip agter daai masker. […]

vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]

‘n pikswart lanferlap hang oor ons land die sondes van die vadere soos wit dryfsand wat oral alles binnedring ook die verstand van die dopstelsel bruin kind wat salig oopmond lag nie eers verstaan dat hy bestaan die sondes van die vadere word weer en weer gepleeg ‘n onbekende wit kruis vir die Esidimeni* kind […]

Donker skadu’s omvou my seer dompel my lied in diepe hartseer rou kneus my kwesbaar, verbleikte groue-hart verweer in die muf van ʼn verlore wêreld my knieë sluip stil oor die lewenstog met hart versink in stapels gitswart roet uit my donker hoek ʼn verskeurde snik barbaarse-lewe in my kosbaar bloed verdrink hier waar my […]

Musiek is stil. Jy is stil. Woorde is stom. Jy is stom. Jy het my musiek gesteel. … stile, skreeuende stilte … Jy is stil. Die musiek is stil. Jy is stil. … daar is geen woorde oor geen woorde oor vir ons woorde om ons te beskryf nie. @Anria.

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Amelia het n geregistreerde lid geword

  • Net_Anri het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak