Blou. Blou is jou kleur.
Blommetjies, blommetjies! Oral om my is blommetjies. Al die kleure behalwe jy. @Anria Breed
op my vurk
my siel sweef weereens wyd oor golwe van gedagtes noord en suid tussen vure wat brand op paaie swart jil barbare en dans hul dodedans vinnig versprei rookwolke nou trek in misbanke oor duin en see swart met blitse wat kartetsend blink terwyl mense saggies ween en skuil vlugtelinge sonder draad of klere staan verdwaas […]
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
ons vyand
Droogte terg in my ore ‘n naam wat ‘n gat in ons tydlyn gemaak het ‘n naam wat ons nie kan weg wens nie dis sy tyd om te verniel om te verwoes waar sy gloedlippe ons water drink en vuurvingers ons kos steel sy woestynvoete die Lewe doodtrap en sy droogtedans brand ons hoop […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
as jy dromme hoor
laatnag se taksiegeluide soos dromme oor duineveld klink soos stemme van dooies wat optrek in stryd teen doderyk so klink stemme van oral op in land waar dromme slaan – vure brand opruiende toesprake regeer diep ondermaanse drang na vore tree in grynslag wat oor dae versprei maande se onteer respek is verloor vrees is […]
Suid-Afrika se treurlied
o, treurig steun Suid-Afrika gebuk onder die dodelike songloed waar die son lag soos die dood jaag al die waterwolke weg stuur hulle in ‘n ander rigting waar daar genoeg groen is arme dam probeer sy bes om sy uitgedroogde lande te voorsien hoe lank moet Suid-Afrika nog verduur? haar grondmond gebars van droogte haar […]
anatema
vervloek is jy met die witvel voetsek uit afrika met jou luide geskel en trompetgeskal motorfietse wat brul en rook voetsek jy wat alles kom omkrap dansende zombi gesigte staar weg is jy wat God hier beskerm brandende vuilgoed en bande voetsek witman en jou kind brullende barbaarse gesigte weg is jy wat ons soos […]
Gedempte Seer
stil en alleen op sy eie manier oordink hy die seer binne hom geen meer gevoel sy hart basuin dit uit as ek kon, sou ek anders wou wees die seerkry van jare in ‘n verkeerde sisteem van wereldse eise afgedwing het sy tol geëis oorlog was gemaak en ‘n siel is geknou later jare […]
‘n Gat met ‘n Nota op
Ek draai jou versigtig toe in ‘n sagte snoesige kombers wat ruik na blueberry cheesecake roomys ek draai jou toe en begrawe die gedagte aan jou in ‘n warm gat waar jy vir altyd sal bly ‘n gat in my hart die gat wat jy gemaak het en ek sit ‘n nota op na die […]