Gedempte Seer
stil en alleen op sy eie manier
oordink hy die seer
binne hom geen meer gevoel
sy hart basuin dit uit
as ek kon, sou ek anders wou wees
die seerkry van jare in ‘n verkeerde sisteem
van wereldse eise afgedwing het sy tol geëis
oorlog was gemaak en ‘n siel is geknou
later jare was die bottel sy vertroosting
want die lewe kon hom niks meer bied
aan sy Vader se woord het hy hom gewy
terwyl een psalm alleen sy vertroosting bring
stukkend en gebroke het ‘n familie geword
met die ontdekking sy liggaam stil en alleen
die seer wat hy moes dra is uitgelewer
stil het sy stem geword in sy eensame ure
en ‘n familie staan verslae in oggenduur
besef ons groot ‘n valse wereldse sisteem
het soveel lewens opgemors in hul diens
met verbystering plaas ek my self in wraak
vir hul wat soveel mense ons land laat val
bid ek tot U, raak hul aan wat daardeur wroeg
vir redding betyds voor satan die laaste tol eis
in sy alleen wees weet ek was sy uitroep na U.
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.