Jongste aktiwiteit:

Blom waar jy geplant is

Jou anker lê diep
onder die grond begrawe
‘n eindelose bestaan
waar trane verdrink
en die omvang van verwoesting verstaan

stille waters diepe grond
onder lê jou duiwels en luister
na gedagtes wat teister

die noodlot staan bak hand
en vergryp homself
tot die donkerte jou oorheers

onbeskaamd gestroop van waardigheid
kom alles tot stilstand
binne jou bekroonde kern

en in genade kom jy staande
nuutgebore
in die palm van vryheid

‘n opvanggebied waar trane
wortel skiet
en gedraai groei na bo
na waar jou nuwe horison
hunker om jou tegemoet te kom.

Chantelle Holder
© 2018




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed