SEER SONDER NAAM
SEER SONDER NAAM
hoe kry
‘n doodgewone mens dit reg
om sadisties sonder aarsel
sy naaste te verswanger
met generfde nyd
met drifsels dood –
en sonder berou
die besigheid te bebroei
tot onverwags
‘n misgebore drel-gewete
dié se pad versper
tot tussen God en mens
‘n kloof uitbars
bitterheid onstuimig
soos ‘n soutsuur stroom
deur die gapings bruis
en die sagtheid van sy hart verteer
© Barbara Smit – 12/01/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.