My ewige son
Ek het vir jou ‘n brief geskryf
al die vrae uit my hart gedryf
knip my oë teen die sagte aand …
Die boodskap het in die niet verdwyn
vul my konstante gewonder
jy kry my telkens onder
niemand se hart is net vol sonskyn
Daar buite iewers tussen al die spore
slinger ek nugter maar ook verlore
‘n stukkie heldergroen gras in kontras
met die dorheid gryp my gedagtes vas
Die son wat skyn
my ewige son
my lig vanuit die warm bron
dit is ek en al’s in my
Daarom besef ek opnuut
wat die lewe jou bied
is elke dag weer nuut
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek