Jongste aktiwiteit:

Liefde

liefde nimmer eindig die woord
liefde op elkeen se tong

maar o, wee hou dit regtig
want soveel seer kry ons by baie

liefde in soveel maniere
liefde op ‘n skinkbord en soveel griewe

bedink ek en wonder ek soveel keer
die mening met liefhê in vrede

liefde in ‘n glimlag en oë
liefde in ‘n drukkie en omgee

en die besef soveel ruimte
en die liefde so gering

liefde waar het ons gefaal
liefde in eens ‘n kalm wese

wat al die pyn verduur het
om redding te bring vir elkeen

liefde in Jesus is gewis
liefde wat net op geëis moet word

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed