Jongste aktiwiteit:

Die Jaar 2017

die tydsduur van nog ‘n jaar
ses daggies verder en 2018 is hier
vir beter het almal gebid vir ons land
maar end uit nog geen verbetering nie

droogte het ons beleef en tog is ons daar deur
hongerte het ingetree en gesorg het God beslis
almal stap ‘n stywe pad aan finansies
heelwat sit werkloos en huisloos

plaas ek myself nou in ‘n posisie
het self nie van die bestes nie
ewenwel het ons ‘n huis, voertuie en werk
God het gesorg dat ons ander ook kon help

met dankbaarheid wil ek getuig
hou op kla, vat wat jy kan kry
doen die beste van die saak
en pluk die vrugte uit jou omgee

kry God in jou lewe spyt sal jy nooit hê
die beste pad wat ek nog ook kon doen
is my verhouding met God so diep
wonderbaar was Sy krag en beskerming

jare terug se bekering in God
die pad van Jesus se doop geloop
vandag wil ek niks beter hê
as net die vrede waarin ek leef

laat omstandighede wees wat hul wil
die vrugte het ons gepluk in vreugde
want aan ons kant het God Hom gewy
laat 2018 ook vir jou ‘n jaar van vrede wees

Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed