Jy was die redder van my …
Ek wou nie maar ek het weer oor jou ’n gedig geskryf maar ek gaan dit net halfhartig hier noem. Jy was vieslik en onredelik ek het genadiglik myself hieruit gered. (2016/02/18 @ Anria)
In ‘n hartseer land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
Ek onthou hoe vieslik jy gelyk het, ook hoe vieslik jy was.
Soms uit die bloute, dan kom maak jou reuk weer by my ’n draai. Soms sien ek die prentjie van jou verslonsde lyf wat voor my staan. Ek onthou hoe jou klere geskeur was jou bebloede oë die mengsels drank in jou asem jou stem het gestink jou vel het geblink jou woorde was hard […]
Ek skryf vir jou (1) …
môre is weer Valentynsdag en alles word in rooi getooi maar in my hart het die lewe ‘n emmer swart verf kom gooi want jy is nie by my nie en ek moet alleen voor Kupid staan en wat weet hy nou eintlik van hierdie gevoel sonder naam want ons kan nie saam wees nie […]
Ek mis jou (net soms)
My duim het die gewoonte om oor my ringvinger te streel onder aan die binnekant van my hand en my hart het die gewoonte om dan soms verras verbaas uitgeboul half hartseer te voel omdat dit nou kaal is … soms soos vandag jare later. © Anria (2016/02/03)
Jou naam word geskryf
Ek skryf jou naam tussen spoelklip en sand hoog teen die berg se skurwe wand daar waar see weerkaats op die strand trek ek dit krom met ‘n sirkel daarom Ek krap dit rof teen ‘n soetdoringbas waar reën dit nimmer af kan was verf dit op lap met ‘n horingou kwas repeteer dit dan […]
Dwaas op dwaas
Dom dwase is volop dis in hul spel en praat maar die dwaas van my gedig is van ’n ander aard. Engels is soms beter dit weet ons goed want die fool van liefde se pil is bitter soet. Dis nie liefde wat seermaak nie sê die slim mense gereeld dalk word mense net deesdae […]
Die droë spasies in asemhaal
Koffie kringe omring van my woorde op die verbleikte papier die blou ink is gesmeer trane vlek al droog dit op daar is dinge in die lewe wat jy net moet verduur soos mense wat stink en mense wat dink hulle is perfek daar is ander harte ook gebreek ek weet die storie word al […]
Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart. (Amper soos die spoke in daai cliché Kersfees-stories.) En as ek moet begin sal ek sal begin by die verlede my verlede op die warm strand met spierwit sand wat jou voete brand. Daar waar die water warm is en die bome skaars is. Die strand waar al […]
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]