Ek skryf vir jou (1) …
môre is weer Valentynsdag
en alles word in rooi getooi
maar in my hart het die lewe
‘n emmer swart verf kom gooi
want jy is nie by my nie
en ek moet alleen voor Kupid staan
en wat weet hy nou eintlik
van hierdie gevoel sonder naam
want ons kan nie saam wees nie
maak nie saak hoe graag ons wou
en dat jy my graag wil ontvoer
sodat ons op die strand kan trou
wat verstaan die pyltjie-man
van harte wat diep-swaar klop
van ‘n liefde wat ten spyte van
alle probeer, net nie kan stop
8 Kommentare
-
Louie
Hartseer maar mooi gebruik van jou woorde Borrels
-
Evelyn van der Merwe
Hierdie is voorwaar een van jou bestes. Besonders gepen.
-
Viooltjie
Kupid verstaan sowaar niks. Hartseer, maar mooi gepen, Borrels
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Borrels dis n pragwerk