WEET JY WAT..?
Weet jy wat..?
as jy kom vra
sal ek jou gou-gou skelm gaan wys
waar die gras sy groen kry
en die maan sy wittand lag
Weet jy wat..?
as jy kom vra
sal ek die streepmuise gaan omkoop
met ‘n goudgeel mieliestronk
om vir jou agter die damwal in die oggendmis
die oggend sonlig se jassie aan te pas
Weet jy wat..?
as jy kom vra hoe dit met my gaan
gaan wys ek jou waar die dassies bakhand
by die oggendson se strale staan
en die molle sandkastele in die grasland bou
Weet jy wat..?
as jy my baie mooi kom vra
sal ek jou gaan wys waar grashalms
betowerd langs ‘n waterkuip oprank
en lammers kopstamp grootword
in die skadu’s teen die rand
Weet jy wat..?
as jy my vra waar slaap die nag
sê ek kom loop saam met my
sommer hier in die grondpad af
tot waar die son verdrink
in die Drakensberg se skadu’s
Weet jy wat..?
as jy kom vra oor iets en dat
sal ek met my groottoon
in die oggend stof se grimering woel en antwoord
Weet jy wat..?
6 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Mal oor jou natuur beskrywings. Knap gedaan
-
Viooltjie
Dit is sommer net mooi vir my. So 'n vriendelike, gemoedilke gedig. goed gedoen :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Weet jy wat ... Ek hou van hierdie een.