Jongste aktiwiteit:

Die boemelaar, op die groen bank, by die verkeerslig.

Ek bestuur,
een hand
om die stuurwiel gevou
terwyl die ander
’n KFC rounder vashou

en die verkeerslig
is nou ’n stopstraat
(’n aansteeklike siekte in die dorp)

en op die hoek
van die straat
onder die dooie verkeerslig
sit
’n ou boemelaar
(heel gemaklik)
op ’n groen rusbank
en lag

vir al die mense
in hul luukse motors
wat van frustrasie vloek
omdat m e n s e
nie verstaan
hoe ’n dooie verkeerslig werk nie.

© Anria
* ek wens ek het my foon gereed gehad vir die foto van die groen rusbank en die boemelaar op die hoek van Van Velden straat en McClean straat in Brits (2016/02/10). Dis nogal een van die besigste strate in die dorp.




... daar is altyd Hoop.

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed