Soos een wat op verlossing wag
êrens waar die sterre tuimel uit die newels van ‘n melkweg êrens waar ‘n towermaan oor ‘n dor en barre aarde skyn breek ‘n boom ‘n klip en kremetart sy onder hemele oneindig wyd en ruim diklyf, kaal en sonder skaamte wring sy haar arms tot geraamte en laat haar vingers teen die silwer nag […]
Karkas
voëls pikkende, skeurende aan weefsel en beendere brommer op uitgerygde binnegoed gal gemeng met bloed Mamma, wanneer sal die voëls weggaan die lastige brommers my laat staan eers as daar niks oor is om oor te twis kan ek dan in vrede rus
Gelouter
ere, gelouter deur hierdie helse vuur is ek goud of net papier wat soos gras vandag hier is more verbrand tot as vanaand voel ek hier langs die bed van my siek kind deur mens en God verwerp verstaan ek nie hoekom ek hierdie beker moet drink ek weet ek moet U nogtans bly loof […]
Videospeletjie
blikbrein nou jou enigste maat heeldag laat jy die knoppies met jou praat al waaroor jy nog opgewonde raak is die getal 1000 wat jy op die telbord maak maak niks anders dan meer saak? jy is so vêr van my is die lewe vir jou verby het net bestaan nog oorgebly
Vensters van jou siel
vensters van jou siel dig bedek met ‘n gordyn binnekamers vol van pyn pyn pyn
Jy wat deur my vingers gly
ek druk jou benerige raamwerkie vas teen my ek wil nie weet dat jy… stuk vir stuk deur my vingers gly
Loop-pop
my loop-pop het gebreek iets is binne in verkeerd sy kan nog huil maar nie meer lag net huil huil huil haar ogies is nog helder blou haar lippies rooi en sag maar ‘n monster het haar haartjies afgekou hy lag lag lag die kuiltjie is nog in haar wang maar haar lyfie is uitgeteer […]
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK Drie tale kan ek praat en skryf – taamlik goed, as ek my ‘n bietjie selflof mag bedien – naamlik Afrikaans, Duits en Engels; met Fanagalo kan ek waarskynlik genoeg raadbraak om my juis onverstaanbaar te maak. Maar teen Kåmpioeterspraak kom ek nêrens aan nie. En besonders as mense met my […]
Stilgeboorte
steenkool, olie, roet verswelg ryk aardse lewe – besoedelingsvrug © Carma Shaw 26 Maart 2017
Brandstigting
rook veblind die oog vlammende vure verwoes – môre brand tot as © Carma Shaw 25 Maart 2017