Vlermuise in my kop
half-gedagtes vler- muis- hang hangende vrae aan s-p-i-n-n-e-k-o-p-d-r-a-d-e drade van genade teen my spelonk-gang dan word dit ‘n rooioog-nag honger vlermuise ontwaak vlermuise uit op die jag vlermuis-skreeue verdryf my slaap vlermuis-vrese ontplof die mosterdsaad in my verstik in die stof ‘n worstel-nag breek oop tog bring die lig met dagbreek weer hangende hoop
Witrot
witrot in ‘n doolhof van vrees sal ek nooit kan ontsnap sal ek altyd witrot wees vasgevang in ‘n labirint kan ek my pad ooit weer vind ek skarrel om en om kan nie by die antwoord kom HOEKOM HOEKOM
Tyd gemeet teen ewigheid
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een klik van die metronoom van ewigheid een enkele noot in jou lewens simfonie een korrel sand deur die uurglas se vloei dit was al… toe jy op die teerpad val het die seepbel van jou lag gebreek splinters in jou vasgesteek jy sal nooit weer jy […]
Maalkolk
donker gat van vrees oor dit wat is en mag wees die maalkolk wat meedoënloos draai die swart gat van vergetelheid wat jou insluk ek net kan kyk nie kan keer jy tol al verder weg van my deur donker dieptes ingesleur soos nog ‘n geboorte van ‘n ander jy leef jy in jou eie […]
‘n Hart vol hoop
En selfs terwyl ek wonder verloor tyd sy aanslag met elke sekonde wat val hunkerend, smagtend, smekend na dit wat was kom wees of net dalk nog sal kom. Rippellend deur waters waar rus is (ridder van dié kabbels) vloei ek saam deur strome van tyd triomfantelik met oorgawe, maar steeds bly die einde verliggend […]
Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar was die Weskaap aan die brand en ‘n vlam het oor die berg gebaan van Stellenbosch tot Jonkershoek. Die rook het hoog en wyd oor piek en dal gehang. En tóé toe het ek na reën verlang – nes die fynbossaad wat in die asspoor lê en soos lelies […]
Jellievis
ek het geword soos iets wat vrot jellievis losgeskeur van die naelstring van die see lȇ my naaktheid bloot ek het geen verweer teen die seer steeds nader oor die rande kruip honger wurm-ingewande om my vlees te verteer ek het geen exo-skelet om te keer nuuskieriges wat wil aanhou weet skerp stokke na my […]
Swart hond
kwyl-bek wag jy lag jy vir my ek hoor jou asem hortend ruik jou proe jou as ek rondrol in my slaap hoor ek hoe jy jou naels skerpgemaak uit die newels sluip jy nader ek hoor jou kettings sleep jy vly jou kruipend teen my aan jy is in my ingewande slagyster-vinger om my […]
In glas
ek swart vis tol om en om… nie meer deel van die groot geheel weggeruk uit die skoot van die see alleen en vergete swem ek verbete om-en-om in ‘n kring in die wanhoops-water van my wete niks kan my glas-tronk binnedring die mooi om my is vergete niemand kan my bevry die son sak […]