Doris Day*
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]
Kil-koue blou oggend
Waar woorde opraak en net die hart luister dans die son vir oulaas oor gebroke en verlore Wanneer gebroke en verlore se pad kruis hou die berg sy asem in Die gebroke hart wat smag na liefde die verlore sondaar soekend na ‘n Heiland So dwaal die twee deur ‘n verlore paradys die rondlopervos huil […]
Kat en Hond
Bytende blaf vervang rustige rus in die son; strelende wind gemaal word vies na verlang. Vlieënde voëls vlug, fladderende vlerke; skreeuende, verward, is hulle in weg vlug. Huilende in hul vrees gevulde ontsnapping; soekende hardloop hul rond, heel bedees. Blaffende byt hulle lug en storm nader; vlug moet hulle nou hier kom hul einde. 02/05/2017 […]
IN DIE DONKER
breek oor my die dag breek oop in my voor dagbreek die siel soek na lig ©HMellet
Die Laaste
…DIE LAASTE? Was dit vandag die laaste keer Kan hierdie monster met sy lang arms en tentakels wat orals oor kruip en inglip en vasklou en seermaak en net weer kom…..en kom en kom …. Kan hierdie monster asseblief net iets oorkom? Is dit hoe die laaste keer moet voel….seer…stukkend…leeg….koud….woedend….? Kan daar ooit ‘n seer […]
Ballade van die Bose
Oral draai paadjies af die geruis die gesuis die gekras en gebruis in die donker dennebos Dan sien jy die rotspunt wink dis hier waar die heks op die pikswart agtergrond dans en oral sink die nag Die gevaar is oral oral waar jy gaan hoor hoe knor die lewe wanneer jy hom kielie Jy […]
Middernag-horlosie
Tik tik tik Voel jy ook die aarde ruk, soos sy haar vere vir die dag bewend-bang reg skud? Tik tik tik
Spoke van more
ek en my skaduwee tussen pad en muur gesmee vasgekeer uur na uur binne my brand ‘n vuur fietswiele draai in my kop om en om sonder stop tol om en om hoekom… hoekom die kir-kir van die wiel vreet draai-draai aan my siel spoke van more bly my by dansende skadu’s koggel my jou […]