Jongste aktiwiteit:

Kil-koue blou oggend

Waar woorde opraak
en net die hart luister
dans die son vir oulaas
oor gebroke en verlore

Wanneer gebroke
en verlore
se pad kruis
hou die berg sy asem in

Die gebroke hart
wat smag na liefde
die verlore sondaar
soekend na ‘n Heiland

So dwaal die twee
deur ‘n verlore paradys
die rondlopervos huil hetig
op ‘n klip sonder verstand
die klipspringer gaan verby
vlugtend beurend teen die wind…

Kom ek hou
jou styf vas
voor die kil-koue blou
gekoelde oggend ons begroet




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed