Jongste aktiwiteit:

die onskuld van ‘n kind

daar is reënboë in die branders
daar is vrede in die wind
daar is heimweë in die klanke
wat die prentjie saam vasbind

daar is vrae onbeantwoord
en tyd oneindig min…
so verlang ek na die gister
die onskuld van ‘n kind

EN EK Sê
DANKIE, DANKIE VIR DIE TYD WAT MY GEGUN IS…
DANKIE, DANKIE VIR DIE LAG EN DIE HUIL.
DANKIE, DANKIE VIR DIE PUNT WAAR EK BEGIN IS…
DANKIE, DANKIE DAT EK BY JOU KON SKUIL

© Daniël J.H. Breedt – 6 Maart 2017
Hierdie is die laaste woorde wat my broer neergepen het voordat hy op 7 Maart 2017, te jonk, na ons Hemelse Vader is…. ek plaas hierdie gedig ter nagedagtenis aan hom en omdat ek hom vandag vreeslik baie mis!




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed