Swart hond
kwyl-bek wag jy
lag jy vir my
ek hoor jou asem hortend
ruik jou
proe jou
as ek rondrol in my slaap
hoor ek hoe jy jou naels skerpgemaak
uit die newels sluip jy nader
ek hoor jou kettings sleep
jy vly jou kruipend teen my aan
jy is in my ingewande
slagyster-vinger om my hart
jy is in alles deel van my
my hoop
my denke
my wese
jou honger mond
wat nooit genoeg kry
vreet die hoop in my
tot niks oorbly
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.