Jongste aktiwiteit:

In glas

ek swart vis tol om en om…
nie meer deel van die groot geheel
weggeruk uit die skoot van die see
alleen en vergete swem ek verbete
om-en-om in ‘n kring
in die wanhoops-water van my wete
niks kan my glas-tronk binnedring
die mooi om my is vergete
niemand kan my bevry
die son sak weg
die donker kom my kry
die tyd raak min
ek wil die bloue dieptes in
weer deel word van die lewe
maar
hulpeloos
bly
ek
hang
in
glas
vasgevang




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed