Jellievis
ek het geword
soos iets wat vrot
jellievis losgeskeur
van die naelstring van die see
lȇ my naaktheid bloot
ek het geen verweer
teen die seer
steeds nader oor die rande
kruip honger wurm-ingewande
om my vlees te verteer
ek het geen exo-skelet om te keer
nuuskieriges wat wil aanhou weet
skerp stokke na my steek
was ek dan nie ook eers deel van hul heelal
voor die see my uitgebraak het soos gal
trillende van opstand
rillende van afstand
ek wil nie meer
kan nie keer
die wurm in my gedy
kruip deur slymerige ingewande
in oeroue gange van verlange
om soekend sy honger te stil
na God se wil
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.