Vlermuise in my kop
half-gedagtes
vler-
muis-
hang
hangende vrae
aan s-p-i-n-n-e-k-o-p-d-r-a-d-e
drade van genade
teen my spelonk-gang
dan word dit ‘n rooioog-nag
honger vlermuise ontwaak
vlermuise uit op die jag
vlermuis-skreeue verdryf my slaap
vlermuis-vrese ontplof
die mosterdsaad in my
verstik in die stof
‘n worstel-nag breek oop
tog bring die lig met dagbreek
weer hangende hoop
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.