IS DIT DIE MOONTLIKHEID?
Is dit die Moontlikheid? In ons tyd, in ons kultuursirkel, hier in Europa is daar seker skaars nog iemand wat nie van die mag van die wetenskap oortuig is nie. Ons word reeds die een geslag na die ander opgevoed in die wete dat die wetenskap die probleme oplos waaronder die mensheid ly, dat die […]
OOR BYBELVERTALINGS
Bybelvertalings — In die lopende gesprek oor bybelvertalings kom by tye die begrip interpretasie voor. — In ‘n radiosending het iemand gemeen dat dieselfde retoriek van 1933 en 1983 weer aan die oppervlakte dryf: — „Ek is ‘n besondere bybeltaal of -styl gewoond (Moses het mos Nederlands gepraat, hoekom nou Afrikaans?).” Of – „Hulle skryf […]
TEENOORGESTELDES SAAMBRING
Teenoorgesteldes saambring [Wat hier volg, het ek opgestel om ‘n tweegesprek tussen ‘n gelowige ateïs en ‘n oortuigde Christen in gang te set; dis ‘n verwerking in Afrikaans van die gedagtes wat ek jare gelede eers duits neergeskryf het. tje] ✽ Beste vriend en kollega, tussen ons twee lê klaarblyklik ‘n kloof insover ek alte […]
NAWEEK: Olifante
NAWEEK: Olifante Vroeër het die mense geskryf. Ek meen op papier. Álles was toe hardcopy, daar was niks soos „stoor” en copyandpaste en al die dinge wat ons nousedae het nie. Vroeër het mense koerant gelees en boeke en soiets, nie soos nou nie. Dit was die eerste inleiding, die tweede volg: Soos by die […]
Death wish 2014
Eendag, as jy dood neerslaan mag dit wees êrens waar niemand van jou weet nie soos in ‘n diep en donker dal – weens ‘n hartaanval – (of iets dergeliks) en wyl jou liggaam lê en vrot, mag die maaiers en die kewers – namens jou – die Here loof en dank vir die spyse […]
Bloedmaan en blues
Had ek maar net die woord’ kon vind om ‘n vers vir jou te skryf in daardie koue voordag uur, dan sou ek oor die maan wou praat – vroeg die oggend – minute net na vier. Ek sou jou kon vertel hoe roes ‘n maan kan rooi (neffe môrester wat flikkers gooi) en dat […]
BYDRAES na tema gesorteer — MEI 2017
MEI 2017 BYDRAES na tema gesorteer Van die kategorië wat ek wil gebruik, staan sommiges al: Daar het reeds ‘n paar nuwes daartoe gekom. TAALSPELETJIES EN TAALOPSTELLE TAALSPELE soos my AGTERSTEVOORSTAALTJIES Kolskoot, Skepdrie en Skilderprys. . . en dan spele met die MOONTLIKHEIDSVORME (Moontlik is Alles). . . asook SIRKELVORMIGWEDERKERENDVERHALE . . . en andere. […]
Stilgeboorte
steenkool, olie, roet verswelg ryk aardse lewe – besoedelingsvrug © Carma Shaw 26 Maart 2017
NA DIE MOORD
Na die MOORD In die groot sitkamer van die herehuis op die landgoed Beatitúde kom die gesinslede stadig, een na die ander, ingedrentel, sommige ontspand, sommige senuweeagtig. Die inspekteur staan in die dubbelglasdeur en kyk oor die teras op die goudrooie landskap uit. Hy geniet die vars môrelug op hierdie stralende Herfssondag. Momenteel lyk alles […]
KATEGORIE: Verkeerde Woorde – job
KATEGORIE: Verkeerde Woorde In ander „Taaltirades” van my het ek al oor hieries-en-daries stormgeloop. Waarteen ek graag raas, is besonders dom woorde. Of woorde wat verkeerd gebruik word. Of nog erger engelse woorde (wat verkeerd of onnodig ingesit word). Daarom moet ék ekstra oppas dat so ‘n blaps by mý nie gebeur nie: Of Engels […]