golwe van jou siel
– jou eiesoortige karakter waai vir almal om te sien vertaalgolwe met wit skuim wat babelas van borrels los duidelik is egter die golwe wat gedwonge uitbars gedryf deur die wind van jou emosies salig is dit ook wanneer jou golwe ossilleer in die kalmte van jou gees – ©Teárlach
Geen Keuse
dae breek oop spat lig op hemelliggame inspireer lewe bestraal steriel silika gorrels bou ń biosfeer beskerm lewe teen dae wat alles breek materie breek af klein kleiner tot koolstof wat in swart gatte verval na energie geen keuse te maak materie is kompos aas boustene al verskil is tyd
wekroep van die enkeling
– te soet: – droë vrugtekoek bedek met glinsterende krale op spierwit geysde suiker kraak as jy dit in skywe sny proe frank op die tong en gee sooi brand op die koop toe – onkunde: – vaar uit oor die see waar daar nooit te min water sal wees nie – net nie drinkbaar […]
Oplossing
veld is skurf koolsuur rooi goud sianied gebrand die suiwering pomp stasie lek stort suurwater onbeperk in drinkwater stroom nou ń stinkende sloot guru koppe knik om blink rooi leer tafels ń herhaling van vorige dataverslae agenda bevat geen oorsaak gevolge voorstelle geen besluit is al besluit toe gedraai in onwelruikende oorsaak verrykte armoede gevolge […]
in niks
in niks dis jy dis ek sing saam in stof atoom tot atoom molekuul tot molekuul saamgebind in verbindings are tot are organe tot organe saamgekerf in organisme hartklop per hartklop asem per asem steel suurstof in lug tree per tree lewe per lewe selde in harmonie dis ek dis jy swerf saam in niks […]
Werklikheid
eeue oue mites gebore op yskoue berg toppe in donder storms deur stille openbarings word as gods wette in momentele sale op tablette gekrap in unieke sel struktuur sit vrugte aan bome as voedselbron ongeskommel deur eons ongeag genetiese aanpassings in die mens spoel triljoene oer gene wat nie voorspel lekker, swaar of kwaad net […]
Laat ons oor liefde praat. (BRONS)
Laat ons oor liefde praat. Seker die onderwerp waaroor daar nog die meeste geskryf, gepraat, gesing en gefilosofeer is. Liefde omsluit ʼn kombinasie van toestande, geestelik en emosioneel, wat kan varieer in gewoontes en tot diepe aangetrokkenheid kan lei. Die tipe aangetrokkenheid dui op die gevoel van liefde wat verder strek as blote guns of […]